Motswiri

Marius Mynardt

Cell: 083 628 4593

Motswiri wild word bedryf op die plaas Swartpan, VIVO, as deel van JM Boerdery waar ons, Marius en Marleen Mynhardt, die derde geslag is wat hier boer.  In 1942 het Koos Mynhardt, my oupa, ‘n aartappelboerdery gevestig op Dendron.  In 1964 word die aartappelboerdery uitgebrei na Vivo op die plaas Swartpan.  In 1998 het Johan Mynhardt, my pa, Hardekoolkamp begin met vlaktewild.  In 2013 word Motswiri wild, wat hardekool beteken, uitgebrei met skaarswild soos:  Buffels (Krugerlyn), Swartwitpense, Elande (Livingstone), Njalas en Swartrooibokke.  Buffels is selektief aangekoop van verskillende telers om ‘n Buffel teelprogram mee te begin.  Ons missie is om deurentyd top gehalte diere te teel.